Wat maak hierdie platform uniek?
Gebruik Ongewoon as `n betroubare middel man.
`n Verkoper hoef nie te wonder of `n bewys van betaling vervals is nie
Die ligging is ook betroubaar en veilig vir koper en verkoper.
Hoe werk dit dan nou?
Die koper spaar omdat die item nie oorgemaak word nie, dus spaar hulle op arbeids koste om die ring te smelt en nuut oor te maak
Die verkoper kry n hoër prys omdat die item heel verkoop word en nie nèt as 'scrap' goud nie. Koper en Verkoper kry mekaar in die middel en altwee baat daarby.
Elke item word eers mooi gemaak en gefotografeer om op die web blad te geadverteer te word. `n Waardasie sertifikaat word ook uitgereik.
Ongewoon hou 10% van die transaksie as `n administratiewe fooi.
Indien daar enige vrae is, kontak ons gerus.