Ring groote word met letters gemeet. Die heel beste manier om `n ring groote te meet is om dit by `n juwelier te laat meet. Hierdie is makliker gesê as gedaan, veral as mens nie die geheim wil verklap nie.
Ander maniere om `n ring groote te bepaal is:
. Neem `n ring wat reeds pas na juwelier toe (makliker om geheim te hou)
. Meet die omtrek van die vinger met `n toutjie wat nie rek nie - hierdie is nie baie akuraat nie maar dit bied wel `n beraamde groote
Die ontwerp fase van die proses is waar jy jou eie idees `n werklikheid kan maak. Ons sal rigting kan bied vir keuses in terme van ontwerp gehalte en so, maar elke item is tog uniek en ons wil hê dat elke persoon die kans het om hul eie juwele te ontwerp.
Begroting is natuurlik `n groot deel van die besluit. `n Unieke item hoef nie die beursie te brand nie. Daar is egter meer as een resep vir `n melktert.
Verskeie metaal en steen keuses kan gebruik word om dieselfde tipe ontwerp te laat realiseer, gesels openlik met ons en ons sal die opsies neerlê sodat jy `n ingeligte besluit kan maak